HOG Bloemfontein Verwelkom Nuwe Lede

29 Mar 2015 by Gerben van Niekerk

HOG Bloemfontein het ses nuwe lede tot die familie verwelkom. Skippie Schoeman, Debbie van Rooyen, Wouter Kruger, Deon van der Poel, Danie Bellingam en Ruben Bosch is almal Donderdagaand by die HOG-klubhuis aan almal bekendgestel. Tydens die geleentheid het Christie Bester ook sy “rocker” ontvang. “Welkom by die familie en leefstyl. Let’s ride!” was Brian Botha, Assistent-Direkteur van HOG Bloemfontein, se boodskap aan al die nuwe lede.